Briefie spoel 28 jaar later uit

Argieffoto

‘n Boodskap in ‘n bottel wat aan ‘n vrou met die naam ‘Mary’ gerig is, en deur ‘n Kanadees in 1985 in die Atlantiese Oseaan gegooi is, het nou 28 jaar later en 8 000 km verder uitgespoel.

“Mary, jy is ‘n wonderlike persoon. Ek hoop ons kan in kontak bly. Ek het gesê ek sal skryf. Jou vriend vir altyd, Jonathon, Nova Scotia, 1985,” lui die briefie wat deur die 23-jarige Matea Medak Rezic van Kroasië opgetel is. Rezic het aan ‘n strandskoonmaak-veldtog in Kroasië deelgeneem toe sy die bottel gesien het. “Die bottel het tussen die gemors gelê wat die winterreën uitgespoel het,” het sy aan AFP gesê. “Die bottel was gebreek, maar die boodskap, wat in ‘n blou balpuntpen geskryf is, was nog in ‘n goeie toestand, aangesien dit met plastiek bedek was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.