Brit en Japannees kry Nobelprys vir geneeskunde

Shinya Yamanaka en John Gurdon

Die Karolinska-instituut in Swede het die eerste wenners van vanjaar se Nobelprys bekend gemaak.

Hulle is John Gurdon, van Engeland, en Shinya Yamanaka, van Japan. Hulle word vereer vir die werk wat hulle gedoen het om te bepaal dat volgroeide selle tot stamselle herprogrammeer kan word wat dan tot allerlei tipes liggaamsweefsel kan ontwikkel.

Gurdon het reeds in 1962 ontdek dat die spesialisfunksie van ‘n sel omkeerbaar is. Yamanaka het in 2006 vasgestel hoe volgroeide selle in muise herprogrammeer kan word om stamselle te word.

Die ander Nobelpryswenners word deur die loop van die week bekend gemaak. Die oorhandigingsfunksie vind plaas op 10 Desember, wanner Alfred Nobel se sterfdag herdenk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.