Brit en Nieu-Seelander in Libië vermoor

Die oliekompleks waar die liggame aangetref is.

Die oliekompleks waar die liggame aangetref is.

ʼn Sekuriteitsbeampte van Libië het gesê ʼn man van Engeland en ʼn vrou van Nieu-Seeland is naby Sabratha doodgeskiet.

Die beampte het Donderdag gesê hul liggame is langs hul bagasie naby aan ʼn olie- en gaskompleks aangetref. Volgens die Associated Press, Reuters en Agence France-Presse was die twee slagoffers onderwysers in die omgewing.

“Hul besittings is nie gesteel nie en die motief vir hul moord is nie bekend nie,” het die beampte gesê. Die beampte wou anoniem bly omdat hy nie magtiging het om met die media te praat nie.

Talle uitlanders is al vantevore in Libië vermoor, insluitend ʼn Amerikaanse onderwyser wat verlede maand gesterf het.

Die diktator Moammar Gadhafi is twee jaar gelede in 2011 onttroon, maar die sentrale regering is nie in staat om oproerige militante te beheer nie.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.