Brit sterf in geveg ná Super15-stryd

ʼn Britse man is dood tydens ʼn geveg wat na Saterdag se Super15-wedstryd buite die Absa-stadion in Durban uitgebreek het.

“ʼn Argument het tussen ʼn groep mense ontstaan. Ons weet nie wat tot die geveg aanleiding gegee het nie,” het lt. kol Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, gesê. Mdunge sê die 28-jarige Britse man is geskop en geslaan en het aan sy beserings beswyk. Die geveg het na die Super15-wedstryd tussen die Sharks en die Rebels uitgebreek. Mdunge sê die polisie is besig om verklarings van ooggetuies te kry en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Brian van Zyl, uitvoerende hoof van die Sharks, sê mediese personeel by die stadion het probeer om die geveg te keer. “Ons het ons eie interne ondersoek na die voorval van stapel gestuur en is tevrede dat ons gekontrakteerde diensverskaffers, Fidelity Security en ER24, alles moontlik gedoen het om die geveg te stop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.