Brits-betoging: 14 in die hof

Betogers in Mothutlung naby Brits het glo die pad met brandende bande versper Foto: @bemol79/Twitter

Betogers in Mothutlung naby Brits het glo die pad met brandende bande versper Foto: @bemol79/Twitter

Altesaam 14 mense sal Woensdag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle die Padverkeerswet verontagsaam het, het die polisie in Noordwes gesê.

“Veertien mense is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle paaie in Mothutlung naby Brits versper het,” het kol. Sabata Mokwabone, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Die inwoners het in die straat betoog en paaie versper. Mokwabone sê die paaie is intussen skoongemaak en die situasie is onder beheer. “Die situasie is kalm en die polisie patrolleer die gebied.”

Inwoners het Sondagmiddag begin betoog oor ʼn watertekort in Mothutlung. Twee mense is Maandag, vermoedelik deur polisielede, doodgeskiet. Nog ʼn persoon is dood nadat hy glo uit ʼn bewegende Njala-pantservoertuig gespring het. Die oorledene en sy vriend is Dinsdag in verband met openbare geweld in hegtenis geneem. Klik hier om meer te lees.

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sal die voorval ondersoek.

Lees ook:
Brits-betoging eis nog ‘n lewe
Regering en Malema beloof hulp aan Brits-inwoners
Minister versoek rustigheid in Brits
Ondersoek na twee sterf tydens betoging oor water

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Sabata Mokwabone ek hoop die mense keer die hele Mothutlung dis hulle reg om te betoog, inteendeel dis JOU regering wat beloftes maak en nie nagekom, nou word hulle gedood en aangerand omdat hulle op hul reg wil staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.