Brits-tiener steeds verlam in onderlyf

Luday in die hospitaal. Foto: Facebook

Luday van der Merwe, die tienerseun van Brits wat op Oujaarsaand glo vir ʼn selfoon geskiet is, toon goeie vordering.

Luday is in sy bors geskiet toe hy ʼn vriendin tydens ʼn gewapende roof in Elandsrand naby Brits wou beskerm. Hy het haar glo uit die pad van die aanvaller gestamp. Die koeël het sy skouer binnegedring, deur albei sy longe gegaan en in sy rugstring vasgesteek. Luday het Vrydag sy 16de verjaarsdag in die Dr. George Mukhari-hospitaal in GaRankuwa deurgebring.

Jenny Wallis, Luday se ouma en versorger sedert sy ma 11 maande terug aan breinkanker oorlede is, sê dit gaan baie beter met hom en dat hy met hulle gesels. “Hy kan nog nie vir ons presies sê wat Oujaarsaand gebeur het nie maar hy kan wel onthou dat hy geskiet is.” Wallis sê haar kleinseun het nog geen gevoel in sy onderlyf nie. “Ons wag vir die dokters om ʼn MRI-skandering te doen voor hulle die koeël wat tussen sy T4- en T5-rugwerwels vassit kan verwyder. Ons het egter verneem die hospitaal se MRI-skandeerder is stukkend. Hulle gaan moontlik vandag ʼn gewone X-straal doen om te kyk of hulle die koeël kan sien. Hy lyk egter al baie beter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

melanie scott ·

My seun was ok in 2009 oujaarsaand geroof en dit vir sy selfoon die rowers het ok hom probeer skiet maar gelukkig kon die skoot vir een of ander rede nie afgaan ons trek nou in 2013 en nogsteeds is die 4 nie aangekeer nie dit het in Meyerton gebeur!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.