Brits-tiener sterk aan

Luday van der Merwe in die hospitaal. Foto: Facebook

Dit gaan beter met Luday van der Merwe, die seun van Brits wat op Oujaarsaand glo vir ʼn selfoon geskiet is.

Luday is in sy bors geskiet toe hy ʼn vriendin tydens ʼn gewapende roof in Elandsrand naby Brits wou beskerm. Hy het haar glo uit die pad van die aanvaller gestamp. Die koeël het sy skouer binnegedring, deur albei sy longe gegaan en in sy rugstring vasgesteek. Hy is in die stadium van die bors af ondertoe verlam. Lees meer hier.

Jenny Wallis, Luday se ouma wat na hom omsien sedert sy ma 11 maande gelede aan breinkanker oorlede is, het Vrydag aan Maroela Media gesê Luday sterk aan.

“Hy moes dreineringspype in albei sy longe kry en hy sal nie geopereer kan word totdat sy longe sterk genoeg is nie. Sy dokters is sover tevrede met sy behandeling en ons hoor dalk binnekort wanneer hy geopereer gaan word om die koeël te verwyder,” het Wallis gesê. Die koeël sit tussen sy T4- en T5-rugwerwel vas.

Luday word vandag 16 jaar oud en sy ouma en familie gaan hom in die hospitaal bederf met koek en eetgoedjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.