Britse amptenare benodig dalk binnekort visums vir SA

Naledi Pandor, minister van binnelandse sake, het gesê daar gaan moontlik binnekort van diplomate en ander Britse amptenare , wat Suid-Afrika wil besoek, verwag word om vir visums aansoek te doen, berig EWN.

Pandor het Woensdag in antwoord op ʼn geskrewe vraag in die parlementgesê alle Suid-Afrikaners, diplomate en staatsamptenare moet sedert 2009 visums bekom voordat hulle Brittanje kan besoek.

“Sedert die Britse regering Suid-Afrika se visumvrye status herroep het weens kommer oor korrupsie, het die departement van binnelandse sake die Suid-Afrikaanse paspoort met nuwe veiligheidseienskappe en ʼn strenger uitreikingproses herontwerp,” het Pandor bygevoeg.

Die Britse regering het egter sedertdien nog nie hul spesifikasies verander nie. Volgens Isabel Potgieter, adjunkhoof van kommunikasie van die Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika, word dié kwessie bespreek. “Ons is gereeld in gesprek met Suid-Afrika rakende die betrokke kwessie en dit bly ʼn prioriteit vir Brittanje en Suid-Afrika om ons grense te beskerm,” het Potgieter gesê.

Pandor het in Mei in die parlement gesê die regering oorweeg ʼn voorstel dat alle besoekers van Brittanje aansoek moet doen vir visums alvorens hulle die land mag besoek.

– EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Brittanje worstel al geruime tyd met ‘n groot toename in ongewenste elemente wat die land binnekom en daarom is daar groot begrip vir die visum-vereiste.

Daarenteen hou die besoeke van Britte aan Suid-Afrika geen bedreiging in nie – inteendeel die meeste Britte wat Suid-Afrika besoek is toeriste en bring dus baie vreemde valuta die land binne buiten dat hul besoeke bydra tot broodnodige werkskepping.

Die voorneme van Pandor om visum-vereistes op die Britte van toepassing te maak, is dus belaglik.

Kraalmuur ·

Hoogtyd dat Britte en ander buitelanders die tydmors en finansiele uitgawes ervaar waaraan ons onderwerp word met elke visumaansoek. Om van die neerhalende en vernederende behandeling asof ons kriminele en terrs is nie te praat nie – hulle ken dit nie. Indien SA eerder op innovasie en ontwikkelling fokus en wegbeweeg van toerisme-afhanklikheid…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.