Britse doeanebeamptes gaan dag voor Olimpiese Spele staak

Probleme teister spele voor dit begin

Groot ontwrigting vir mense wat die Olimpiese Spele in Londen word voorsien nadat die vakbond wat hulle verteenwoordig het aangekondig het dat hulle op 26 Julie, die dag voor die spele begin, gaan staak.

Boonop gaan hulle van 17 Julie tot 20 Augustus weier om oortyd te werk. Die vakbond is oor lone en die inkorting van personeel ontstoke. Voorts blyk dit dat treindrywers ook van plan is om tydens die spele te staak.

Die storm oor die beveiligingsmaatskappy G4S wil ook nie gaan lê nie. Sekuriteitspersoneel kla dat hulle ander personeel se roosters ontvang het. Oud polisielede kla dat hulle aansoeke onsuksesvol was, terwyl aansoekers wat g’n snars Engels verstaan nie, wel in  diens geneem is.

Atlete wat reeds opgedaag het, kon hulle ook nog nie in die Olimpiese dorp tuismaak nie omdat die werk nog nie voltooi is nie.

Bron

 

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuus, SA-nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.