Britse meisies op eiland met suur gegooi

Argieffoto.

Die polisie van Zanzibar, ʼn eiland aan die ooskus van Afrika, het Donderdag gesê hulle is op soek na aanvallers wat twee Britse tienermeisies met suur gegooi het.

Mkadam Khamis, die polisiekommissaris van die eiland, het gesê die aanval het Woensdagaand in die eiland se hoofstad, Stone Town, plaasgevind. Die gebied is glo ʼn gewilde toeristebestemming.

Die tieners, albei 18 jaar oud, is deur onbekende mans aangeval terwyl hulle in ʼn hoofstraat gestap het. Die suur het die vroue se gesigte en arms gebrand. “Die slagoffers is na Tanzanië se hoofstad, Dar es Salaam, gehaas vir behandeling,” het Khamis gesê.

ʼn Woordvoerder van Brittanje se buitelandse kantoor, het gesê hulle is bewus van die voorval en die meisies word bygestaan.

Dié aanval was minstens die derde aanval sedert verlede jaar in Zanzibar waartydens iemand met suur gegooi is. Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.