Die oudste Brit wat wettig agter die stuur mag inklim en iewers heen ry, is ‘n vrou van 107 jaar oud.
Maar syfers wat pas deur die RAC-stigting bekend gemaak is, dui daarop dat daar ‘n hele paar Britse bejaardes is wat nog kans sien om self te kom waar hulle wil wees. Die oudste man is 106, maar in totaal is dit 191 honderdjariges of ouer wat wettig mag bestuur. In totaal het meer as 4 miljoen Britte ouer as 70 nog rybewyse.
In Brittanje moet mense elke drie jaar ‘n verklaring aflê dat hulle nog fiks genoeg is om te bestuur, maar dis nie nodig dat bestuursvaardighede weer getoets word nie.
Die dame van 107 was twee jaar oud toe die bekende Model T-Fords die eerste keer vervaardig is, maar die eerste motors het haar darem met ‘n paar jaar geklop.
Ek dink net dat sy elke dag moet sê watter roete sy ry sodat ander bestuurders van daardie paaie af kan wegbly.
Ek dink sy is oulik om nog te kan ry. miskien moet sy net iemand laat weet waar sy gaan so as iets moet gebeur sal iemand weet.
My ou Moeder is 90 en ry nog gereeld vanaf Potch na Johannesburg om inkopies te doen,en die ander probleem is, sy hou van spoed.