Britse paartjie ongedeerd na nag op Tafelberg

Foto:Facebook

‘n Britse paartjie wat op Tafelberg vermis geraak het is Sondagoggend ongedeerd gevind.

‘n Woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, Darren Francis, sê die paartjie, albei 28, is Saterdagmiddag omstreeks 3uur as vermis aangemeld in die McClear’s Beacon omgewing. Francis sê die paartjie het die nag op die berg spandeer en is albei vir ligte hipotermie behandel. Reddingswerkers en die paartjie het sowat twee uur geloop om van die berg af te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.