Britse toeris gevind

Wilkes McDermid

Die Britse toeris, Wilkes McDermid (38), wat sedert die dag na Kersfees in Kaapstad vermis was, is Maandagaand opgespoor.

Kol. Andre Traut, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag bevestig dat McDermid Maandagaand in Kaapstad gevind is. “Meer inligting oor die omstandighede rondom sy verdwyning is privaat en mag nie bekend gemaak word nie. Hy is besig om met sy familie herenig te word,” het Traut gesê.

Maroela Media het vroeër berig McDermid is vir die laaste keer gesien toe hy by sy hotel in Kaapstad uitgeboek het en by ʼn kroeg by die V&A Waterfront gesit het. McDermid, ʼn finansiëledienstesagteware-programmeerder van Chelsea in Brittanje, was met vakansie in Kaapstad en sou op 26 Desember terugkeer huis toe. Iemand wat McDermid se beskrywing pas, is verlede week in ʼn bakkery in die Kaapstad se middestad gesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.