Britse toeris steeds vermis

Wilkes McDermid

Die Britse toeris, Wilkes McDermid (38), word steeds vermis sedert hy die dag na Kersfees in Kaapstad vermis geraak het.

Maroela Media het vroeër berig McDermid is vir die laaste keer gesien toe hy by sy hotel in Kaapstad uitgeboek het en by ʼn kroeg by die V&A Waterfront gesit het. McDermid, ʼn finansiëledienstesagteware-programmeerder van Chelsea in Brittanje, was met vakansie in Kaapstad en sou op 26 Desember terugkeer huis toe, maar het spoorloos verdwyn.

ʼn Vriend van McDermid het aan die media gesê plaaslike owerhede doen alles in hul vermoë om hom op te spoor. Volgens die vriend is iemand, wat glo McDermid se beskrywing pas, verlede week in ʼn bakkery in die Kaapstad se middestad gesien.

Enigiemand met inligting kan Missing Children SA kontak by 072 647 7464.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.