Britste toeris verdrink in Oos-Kaap

ʼn 65-jarige Britse toeris het Saterdag verdrink by Jeffreysbaai in die Oos-Kaap, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

Jeffreysbaai se stasiebevelvoerder, Rieghard Janse van Rensburg, sê die polisie het die NSRI in kennis gestel dat ʼn man in die moeilikheid beland het by die strand voor Kabaljous-karavaanpark. Omstanders het die man uit die water getrek en hom probeer bybring. Paramedici het mond-tot-mond-asemhaling toegepas maar die man is op die toneel dood verklaar. Die man het vermoedelik verdrink maar ʼn nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van dood bepaal. Sy gesin ontvang berading. Sy naam is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.