Brittanje teken Dewani-uitleweringsbevel

Shrien Dewani saam met sy vrou Anni wat in November verlede jaar in Kaapstad vermoor is.

Die Britse minister van binnelandse sake het ʼn uitleweringsbevel geteken vir die moordverdagte Shrien Dewani om in Suid-Afrika verhoor te word vir die moord op sy vrou Anni.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê Dewani sal 14 dae hê om aan te dui of hy appèl wil aanteken teen die beslissing. Die Britse departement van binnelandse sake sal ʼn afskrif van die uitleweringsbevel aan die hoë kommissaris stuur vir oordrag na Suid-Afrika. ʼn Londense regter het op 10 Augustus beslis dat Dewani na Suid-Afrika uitgelewer kan word. Hy word daarvan verdink dat hy die meesterbrein was agter die moord op sy vrou Anni in Kaapstad in November verlede jaar. Hy het beweer hulle was gekaap. Nog vier verdagtes is gedurende die ondersoek in hegtenis geneem naamlik Xolile Mngeni, Mziwamadoda Qwabe, Zola Tongo en Monde Mbolombo. Tongo het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en dien reeds tronkstraf uit. Mbolombo is ʼn staatsgetuie en sal in die verhoor van Mngeni en Qwabe getuig wanneer die saak op 10 Februarie 2012 in die Kaapse hooggeregshof begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.