Britte sê nee vir rook as kind saamry

Rook karDavid Cameron, die Britse premier, het bekend gemaak dat die regering binnekort ‘n verbod gaan plaas op rook in motors wanneer kinders saamry.

Die wetgewing hiervoor is reeds deur beide huise van die parlement goedgekeur. Die Laerhuis het dit Maandag met 376 stemme teen 107 goedgekeur, en sal van rook in motors ‘n kriminele oortreding maak. Die wetgewing maak dit vir ministers moontlik om die verbod in Engeland en Wallis toe te pas, maar dit moet afsonderlik ingestel word.

Die doel is om te voorkom dat kinders passief rook.

Die maatreël word deur sommige Britte as ‘n inbreuk op die vryheid van die individu beskryf, terwyl die tabakindustrie bekommerd is dat dit net die voorloper op ‘n algehele verbod op rook in motors is.

Bronne: Trouw, BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.