Britte verkies Kaapstad

Die Telegraph, ‘n aanlynkoerant in Brittanje, het 17 000 lesers gevra om hul reisgunstelinge wêreldwyd aan te wys.

Die lesers het Singapore Airlines as hul gunsteling langafstand lugredery bo Emirates en Air New Zealand aangewys. Nieu-Seeland dra die kroon as gunsteling land om te besoek, terwyl Maldives in die tweede plek, en Suid-Afrika in die derde plek aangewys is.

Kaapstad is loshande as die lesers se gunsteling wêreldwye stad aangedui om te besoek. Vancouver in Kanada en New York in Amerika was onderskeidelik tweede en derde.

Klik hier om die volledige lys te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.