Broer en suster dieselfde dag vermoor

ʼn Broer en suster van Durban, albei in hul 70’s, is op dieselfde dag vermoor deur ʼn verdagte wat glo aan hulle albei bekend was.

The Mercury berig dat Crystal Roberts (73) se liggaam Maandagaand in haar huis in Glen Hills deur haar seun gevind is. Sy is glo met ʼn telefoonkoord verwurg en verskeie keer met ʼn skerp voorwerp gesteek. Roberts se motor, ʼn skootrekenaar, selfoon en kontant word vermis. Richard Gerrard het kort hierna gehoor dat sy ma se broer, sy oom, ook vermoor is in hotel in die Durbanse middestad. Dennis Roberts (71) is verwurg en sy liggaam is in die Formula One-hotel gevind. Die polisie en die oorledenes se familie glo die verdagte was aan hulle albei bekend. Die polisie sê dit is nog nie duidelik wie eerste vermoor is nie. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.