Broer en suster kry 20 jaar vir moord

ʼn Broer en suster van KwaZulu-Natal is onlangs skuldig bevind aan moord op die vrou se vervreemde man.

Adjudant-offisier NV Gwala het Dinsdag gesê Patricia Busangani Ngcamu (48) en haar broer Nduduzo Ngcamu (36) is in die Verulam-streekshof skuldig bevind aan die moord op Patricia se vervreemde man, Zibuse Boyi Magwaza (48). Zibuse was ʼn nutsman by die Durban-polisie se honde-eenheid.

Magwaza is op 20 September 2010 omstreeks 19:45 geskiet terwyl hy en Patricia verby ʼn hostel geloop het. Speurwerk het tot die inhegtenisname van Nduduzo gelei. Na verdere ondersoek is bepaal dat Patricia die skietery beplan het. Albei het 20 jaar tronkstraf gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.