Broers dood, twee vroue beseer na skietery

Twee broers is dood en twee vroue is beseer na ʼn skietery in die Nkaneng-nedersetting naby Marikana, Noordwes.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê ʼn groep gewapende mans met balaklawas en komberse om hulle gedraai het Saterdagaand die twee broers en twee vroue in hul plakkershut aangeval. Ngubane sê die groep was op soek na ʼn man en toe die broers, wat ʼn tweeling was, nie vir hulle kon sê waar hy was nie is hulle doodgeskiet. “Die een broer is twee keer geskiet en is op die toneel dood verklaar terwyl die ander broer met sy aankoms by die hospitaal dood is.” Die twee vroue wat ten tyde van die voorval in die plakkershut was is beseer. Die een is in die kuit geskiet terwyl die ander een met ʼn panga aangeval is. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.