Broers sterf in KZN-ongeluk

Twee broers is Sondagoggend dood en hulle ander broer is ernstig beseer nadat hulle bakkie die pad verlaat, van ʼn wal afgerol en in ʼn rivier beland het in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê paramedici het op die toneel aangekom en die bakkie gevind waar dit onderstebo in die rivier gelê het. Banks sê een van die broers, glo in sy vroeë 20’s, het halflyf by die bakkie uitgehang en het reeds aan sy beserings beswyk. Paramedici moes die venster van die bakkie breek om toegang tot die ander insittendes te kry. Die ander broer, glo ook in sy 20’s, het ook reeds aan sy beserings beswyk. Die derde broer, ʼn tiener, het nek – en rugbeserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.