Broers vas na hulle glo metrolid aanval

Twee broers is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn lid van die Germiston-metropolisie aangeval het.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, sê die beampte is Woensdagaand aangeval terwyl hy ʼn man vir die besit van dwelms probeer in hegtenis neem het. Kgasago sê metropolisiebeamptes het die man voor ʼn internetkafee voorgekeer en ʼn onwettige middel in sy besit gevind. Die man het by die internetkafee ingehardloop en die beampte het hom gevolg. Die man se broer was ook in die internetkafee en het die beampte begin aanrand. Die metropolisiebeampte se neus en oogbank is gebreek en hy is Donderdagaand by die Union-hospitaal in Alberton geopereer. Die twee broers is in hegtenis geneem en sal Vrydag in die Germiston-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn onwettige middel en aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lorayne ·

Gooi my met klip, maar ek ‘n wetsgehoorsam burger, kan nie in my hart simpatie vind vir hierdie berig nie!
As ek kyk na Polisie brutaliteit en magsvergrype wat baie Metro lede hulself aan skuldig maak, is ek jammer… some you win, and some you lose!
Hoe keer jy sommer net iemand voor en vind ‘n onwettige middel in sy besit??? Sorry, maar EK sou jou beslis ook gedoner het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.