Broers verdrink terwyl hulle visvang

Twee broers het Sondagoggend in Rooskraaldam naby die Vaalrivier in Noordwes verdrink terwyl hulle saam hulle gesin visgevang het.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Sam Tselanyane, sê die twee broers, onderskeidelik 11 en 12 jaar oud, het Sondagoggend saam met hulle ouers en ander familielede gaan visvang. Hy sê die twee seuns het omtrent 8:30 in die water begin swem. “Die seuns wou glo hulle visvangnette in die water gooi en het dieper die dam ingegaan met ʼn bootjie wat hulle op die dam gevind het. Die bootjie het omgeslaan en hulle het verdrink.” Tselanyane sê die pa se kollega het in die water gespring en die seuns probeer red. Hy kon egter nie betyds by hulle uitkom nie en hulle het verdrink. Polisieduikers het die seuns se liggame kort na 17:00 uit die dam gehaal. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.