Bronx-nagklubbaas se moordverhoor uitgestel

Bruno Bronn.

John Frederick Coetzee, Fareez Allie en Achmat Toffa wat van die moord op nagklubeienaar Bruno Bronn beskuldig word, het Maandag weer in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.

Na ʼn vlugtige verskyning in die hof, het regter John Hlophe die drie se saak tot 16 September uitgestel.

Die rede vir die uitstel was om vir Coetzee se nuwe prokureur genoeg tyd te gun om vir die verhoor voor te berei. ʼn Nuwe regshulpprokureur is ook vir Allie aangestel.

Bronn se moordverhoor behoort na verwagting teen 7 Oktober begin, as verdere vertragings nie toegestaan word nie.

Bronn (50) is op 7 Februarie 2012 dood aangetref in sy huis in Groenpunt, Kaapstad. Hy is verwurg en versmoor. Hy het die twee gay nagklubs Bronx en Navigaytion in Somersetweg in Groenpunt besit.

Coetzee is op borg van R20 000 vrygelaat en Allie op borg van R5 000. Toffa se borgaansoek is ook goedgekeur, maar hy bly in aanhouding by Pollsmoor-gevangenis op twee onverwante sake.

Lees ook:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.