“Brug van die dood” eis 84ste lewe

Die berugte Van Stadensbrug tussen Jeffreysbaai en Port Elizabeth in die Oos-Kaap het gister sy 84ste lewe geëis.

AlgoaFM berig dat die liggaam van ʼn 28-jarige man van Port Alfred Dinsdagoggend in die kloof onder die brug gevind is. Ao. Marianette Olivier, sê die polisie is Dinsdagoggend in kennis gestel van ʼn verlate bakkie wat op die brug opgemerk is waarna die man se liggaam gevind is. Sy sê die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie. Olivier sê die man is die 84ste persoon om selfmoord te pleeg deur van die brug af te spring. Lees meer hier.

In Augustus vanjaar het ʼn 60-jarige vrou haar lewe beëindig deur van die brug af te spring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.