“Brug van dood” se kamerastelsel red nog daagliks lewens

Die kamerastelsel wat op die berugte Van Stadensbrug aangebring is in ʼn poging om ʼn vlaag selfmoorde te stop, is steeds in werking en glo suksesvol.

Vrae oor die doeltreffendheid van die stelsel het ontstaan nadat Wayne Wewege (28) van Port Alfred Dinsdag die 84ste persoon geword het wat daar selfmoord gepleeg het sedert die brug in 1971 oopgemaak het. Die brug is geleë tussen Jeffreysbaai en Port Elizabeth in die Oos-Kaap

“Ons red gemiddeld tussen een en twee persone elke dag,” het adjudant-offisier Marianette Olivier, ʼn polisiewoordvoerder aan Maroela Media gesê. Sy sê die kamerastelsel word 24-uur per dag by ʼn nabygeleë gemeenskapsdienssentrum gemonitor.

“Ons kan binne ʼn paar minute reageer indien ons vermoed iemand wil daar afspring. Dit hang net af waar ons voertuie in daardie stadium is. Baie kere sit mense eers daar vir ʼn geruime tyd en dink daaroor, maar soms gebeur die voorvalle dadelik,” het Olivier gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.