Bruid moet R100 000 “kankerskenkings” terugbetaal

Jessica Vega waar sy haar trourok aanpas en op die insetsel is Vega ná haar inhegtenisneming

ʼn Bruid in New York wat mense mislei het deur te beweer dat sy terminale kanker het, moet sowat $13 000 (R104 000) aan haar slagoffers terugbetaal.

Jessica Vega (25) het verlede maand skuldig gepleit op klagtes van bedrag en vervalsing nadat sy mense in die Hudson Valley-gebied in New York laat glo het dat sy slegs ʼn paar maande oor het om te leef. “Individue en ondernemings het duisende dollar aan haar oorbetaal om haar droomtroue en Karibbiese-wittebrood in Mei 2010 te finansier,” het Eric Schneiderman, prokureur-generaal vir New York gesê.

Haar bedrogspul het egter op die lappe gekom toe haar eggenoot, Michael O’Connell met die Times Herald-Record in Orange County in verbinding getree het om te sê dat sy bruid haar kanker-diagnose vervals het. O’Connell is nie aangekla nie, aangesien die paartjie sedertdien geskei het.

Buiten die $13 368.48 wat Vega aan haar slagoffers moet terugbetaal, het sy reeds agt weke tronkstraf uitgedien en sal sy nog 300 uur gemeenskapdiens moet doen. Vega het voor haar vonnisoplegging ingestem om die geld aan die nege slagoffers oor te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.