Jessica Vega (25) het verlede maand skuldig gepleit op klagtes van bedrag en vervalsing nadat sy mense in die Hudson Valley-gebied in New York laat glo het dat sy slegs ʼn paar maande oor het om te leef. “Individue en ondernemings het duisende dollar aan haar oorbetaal om haar droomtroue en Karibbiese-wittebrood in Mei 2010 te finansier,” het Eric Schneiderman, prokureur-generaal vir New York gesê.
Haar bedrogspul het egter op die lappe gekom toe haar eggenoot, Michael O’Connell met die Times Herald-Record in Orange County in verbinding getree het om te sê dat sy bruid haar kanker-diagnose vervals het. O’Connell is nie aangekla nie, aangesien die paartjie sedertdien geskei het.
Buiten die $13 368.48 wat Vega aan haar slagoffers moet terugbetaal, het sy reeds agt weke tronkstraf uitgedien en sal sy nog 300 uur gemeenskapdiens moet doen. Vega het voor haar vonnisoplegging ingestem om die geld aan die nege slagoffers oor te betaal.