Bruid sterf: Man twee maande terug in ongeluk

Chantal en Boeta kort nadat hulle in die huwelik bevestig is. Foto: LookLocal

Louwrens (Boeta) Geldenhuys, wie se bruid ure na hulle troue in ʼn ongeluk dood is, het twee maande terug ʼn man op sy motorfiets doodgery.

LookLocal Pretoria-Noord berig dat Geldenhuys moontlik van strafbare manslag aangekla kan word na die dood van Shane Troskie. Geldenhuys het Troskie in Oktober raak gery nadat ʼn motor glo skielik voor Geldenhuys stilgehou het en hy moes uitswaai. Geldenhuys se vrou Chantal is vroeër die maand, ure nadat hulle getroud is, dood nadat ʼn beweerde dronkbestuurder teen hulle motor vasgery het. Geldenhuys het ernstige beserings opgedoen en het eers drie dae later uitgevind sy vrou is dood. Sy is Maandag uit dieselfde kerk waar hulle getrou het, ter ruste gelê. Geldenhuys se pa, Louwrens snr, sê sy seun sukkel om die gebeure van die ongelukke te verwerk. “Dit is ongelooflik om te sien hoe baie ongelukke my seun op een slag tref.”

Bron: LookLocal Pretoria-Noord
Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.