Bruid word ‘n week later uit dieselfde kerk begrawe

Chantal en Boeta net nadat hulle in die huwelik bevestig is Foto: LookLocal

Chantal (née Beetge) Geldenhuys word Maandag uit dieselfde kerk begrawe as waar sy die afgelope naweek getroud is.

Chantal (26) is Saterdagaand, ure ná sy en Louwrens (Boeta) Geldenhuys, in die huwelik bevestig is, in ‘n gru-ongeluk dood, berig LookLocal Pretoria-Noord. Die ongeluk het omstreeks 01:00 op die hoek van Sefako Makgathoweg (Zambesirylaan) en Dr Van der Merwerylaan in Montana plaasgevind toe die bestuurder van ‘n Hilux-bakkie glo ‘n rooi verkeerslig verontagsaam het.

Die paartjie was op pad na ‘n nabygeleë gastehuis vir hul huweliksnag.

Chantal is op die toneel dood en Boeta steeds in ‘n kritieke toestand in die hoësorgeenheid van ‘n hospitaal in Montana. Hul vyfjarige seuntjie, Louwrens (jnr.) word tans deur sy ouma versorg.

Abram Mphenga Themba (40) ‘n weermag-stafsersant van KwaMahlanga, het Maandag op klagtes van dronkbestuur en strafbare manslag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn. Hy is nie gevra om te pleit nie en is op R2 000 borgtog vrygelaat. Hy sal weer op 7 Februarie in die hof verskyn.

Magda Hayes, ‘n ooggetuie, het gesê die paartjie het pas by ‘n groen verkeerslig weggetrek toe die bakkie glo teen ‘n hoë spoed in hul blou Volkswagen Golf vasgejaag het. “Dit het gelyk asof die motor ontplof en die glas het soos konfetti oor die teerpad gestrooi,” het Hayes aan Rekord gesê. Chantal het enkele minute lank nog gelewe, maar is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Ds. Wynand Malan van die NG Kerk Florauna, wat die paartjie in die huwelik bevestig het, sal ook die begrafnisdiens Maandag om 13:00 waarneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

mina ·

dit is verskriklik hy moet glad nie meer bestuur. ons is weekliks op die pad tussen Phalaborwa en
gauteng en ry n navara bakkie wat redelik hoog is by elke kar wat jy verbyry sit hulle met n bottel bier in die hande en ry soos morone maar hulle kom weg met moord. ek is nie n rasis maar hulle is vir 99 persent van die ongelukke skuldig.

Tante Afrikana ·

Ai dat die mooie kind nou op haar huweliksnag vermoor moet word. Ja ek se dis moord, want elke dronk bestuurder is ‘n potensiele moordenaar. My simpatie aan die mensies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.