“Bruide” beroof winkel

Argieffoto

Drie mans van Welkom is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn supermark in trourokke en pruike beroof het.

Die mans, wat as die trourokrowers bekendstaan, is verlede week in hegtenis geneem nadat hulle op beeldmateriaal van kringtelevisie uitgeken is, berig Volksblad.

Volgens die berig het ʼn groep van ses rowers, met messe gewapen, ʼn supermark in Putswastene in Thabong betree en klante gedreig. Geld en ander items is gesteel. Drie van die verdagtes het trourokke, pruike en kopbande gedra om soos Islamitiese vroue te lyk.

Die beeldmateriaal wys hoe een van die rowers met sy klere gesukkel het en kort-kort die rok raakgetrap en gestruikel het. Hy het ook gesukkel om oor ʼn heining te spring met die rok aan.

Die drie verdagtes verskyn Donderdag in die Welkom-landdroshof. Die polisie is nog op soek na die ander drie rowers.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.