Bruidegom brand trousaal af

ʼn Bruidegom het ʼn saal by ʼn landgoed aan die brand gesteek nadat hulle glo nie sy troue wou aanbied nie weens uitstaande fooie.

Jean Greyling (28) het erken dat hy die brand begin het by die landgoed naby Bloemfontein in die Vrystaat, het Beeld op sy webtuiste berig. Die brand het meer as R3,5 miljoen se skade aangerig. Die troue wat op 27 Julie sou plaasvind is die dag voor die tyd gekanselleer aangesien die uitstaande fooie nog nie betaal was nie. Die brand het kort na middernag op 28 Julie ontstaan en Greyling is kort hierna in die area gesien, volgens die berig. Greyling word van brandstigting aangekla en is op borg vrygelaat. Niemand is in die brand dood nie. Ander krediteure, insluitend die onderneming wat die koek gebak het en die bloemiste, het intussen aangedui dat hulle ook nog nie betaal is nie. Greyling se bruid, Lianne, het intussen ook in die hof verskyn op onverwante aanklagte van bedrog van meer as R5,2 miljoen.
SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Hierdie bruid en bruidegom klink soos voels van eenderse vere.

Dis laag en gemeen, mens sidder om te dink dat lewensverlies kon plaasvind – mens en dier.

Willy ·

As hierdie twee kinders gaan kry word daar gewonder watse gene en DNA voortgeplant gaan word.

Berita Drescher ·

Lae IK en baie kinderagtig! sekerlik nie gedink hul kan wegkom met sulke dade nie!

leana ·

Hierdie mannetjie en girltjie het nou baie groot probleme. Saakbeskadiging, bedrog brandstigting. Klink amper soos ‘n paar ouens in ons goewerment.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.