Bruidegom hoor vandag sy lot oor brand by trouplek

Jean en Lianné Greyling.

Jean en Lianné Greyling.

Jean Greyling (28) ʼn bruidegom van Bloemfontein wat ʼn saal by ʼn landgoed aan die brand gesteek het nadat hulle sy troue gekanselleer het, sal Vrydag in die stad se landdroshof gevonnis word.

Greyling het vroeër in die Bloemfonteinse landdroshof erken dat hy die brand op 27 Julie by die Emoya-landgoed buite Bloemfontein gestig het.

Hy en sy vrou, Lianné Meyer-Bekker (nou Greyling), het die plek bespreek vir hul huwelikseremonie, maar die troue is die dag voor die tyd gekanselleer omdat hulle na bewering nie die deposito betaal het nie. Greyling en sy vrou het later in ʼn restaurant in Bloemfontein getrou.

Lees ook:
Bruidegom “jammer” oor brand by trouplek
Bloem-bruidegom skuldig aan brandstigting
Bruidegom brand trousaal af

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Jean ek hoop van harte die hof roer jou. Dink bietjie aan al die skade asook ongerief wat jy veroorsaak het. Hoop dit leer jou om jou emosie sin toom te hou!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.