Bruidegom vergeet sy vrou by vulstasie

Argieffoto

Argieffoto

‘n Jong bruidegom van Duitsland het ná hul wittebrood sy bruid per ongeluk by ‘n vulstasie langs die snelweg vergeet.

Die twee was Donderdag van hul wittebrood in Frankryk op pad Berlyn toe, berig Covertimes.com. Die vrou het glo agterin die voertuig lê en slaap toe haar man by die vulstasie in Bad Hersfield gestop het. Hy het nie gesien dat sy uitklim om die ruskamer te gebruik nie en het, sonder haar, weggery.

Die man was glo onder die indruk dat sy steeds agter in die voertuig lê en slaap en het eers sowat twee en ‘n half ure later besef sy is nie in die motor nie. Hy het dadelik met die polisie in verbinding getree wat hom verseker het dat sy geduldig vir hom wag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LInnet ·

Okay, so dis moontlik dat Oscar nie agtergekom het dat Reeva nie meer in die bed was nie. So onoplettend

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.