Brüssow keer terug

Heinrich Brüssow. Foto: rugbyweek.com

Die beseerde Springbokflank van die Vrystaat, Heinrich Brüssow, is op die plaasvervangerbank van die Cheetahs ingesluit wat die naweek die Highlanders aandurf. Brüssow was vyf maande lank wens ‘n skouerbesering op die krukkelys.

Die begin 15-tal is onveranderd wat verlede Saterdag groot aapstert teen die Chiefs gekry het, en op die plaasvervangerbank is Boom Prinsloo die ongelukkige speler wat plek moes maak.

Daar is algemeen verwag dat Coenie Oosthuizen in die beginspan sou wees, maar hy sal weer as impakspeler losgelaat word. Ook Oosthuizen was lank beseer en sal Saterdag eers sy derde speelkans kry sedert hy van die nekbesering herstel het.

Met beide Brüssow en Oostuizen op die veld, sal die Cheetahs na verwagting balbesit beter beskerm en selfs ‘n paar balle by die Highlanders gegaps kry.

Maar dit hang steeds af hoe die Cheetah-baldraers, veral Hennie Daniller, grond toe gaan wanneer hulle vasgetrek word, of die Cheetahs hul balbesit beter beskerm gaan kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.