‘Bryce Lawrence’ se foon lui sonder ophou

Die skeidsregter, Bryce Lawrence.

ʼn Inwoner van Auckland in Nieu-Seeland, wat dieselfde naam het as die skeidsregter, Bryce Lawrence, se huistelefoon lui sonder ophou.

Talle Suid-Afrikaanse rugbygeesdriftiges wat steeds vir Lawrence die skuld gee vir Suid-Afrika se nederlaag teen Australië in die kwarteindronde van die wêreldbeker, skakel die verkeerde Lawrence op sy huistelefoon om hulle misnoeë te kenne te gee. Volgens die Nieu-Seeland Herald het dit so erg geraak dat Lawrence sy diensverskaffer gevra het om sy nommer te verwyder van ʼn webtuiste waar dit verskyn het. Intussen het ʼn petisie op die sosiale netwerk Facebook, wat vra dat Lawrence nooit weer ʼn rugbywedstryd hanteer nie, reeds deur duisende mense ondersteun. Meer as 74 duisend mense het teen Vrydagoggend die “Petition to stop Bryce Lawrence ever reffing a rugby game again”-blad ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.