Buckinghampaleis wil inmekaarstort

Buckighampleis (terwyl dit darem nog staan)

Buckighampleis (terwyl dit darem nog staan)

Buckinghampaleis, die woonplek van die Britse koningshuis, kan binnekort inmekaarstort, volgens Sir Alan Reid, hoof van die kroonraad.

Die kroonraad moet die boekhouding van die koningin behartig.

Die gebou met sy 775 vertrekke staan op die punt om ineen te stort weens ‘n groot agterstand in instandhouding. Behoorlike onderhoud is laas in 1913 gedoen, en gedeeltelike onderhoud in 1953 toe die koningin gekroon is.

Windsor-kasteel se onderhoudswerk is ook baie ver agterstallig. Boonop het altwee geboue aansienlike hoeveelheid asbes, wat 20 jaar sal neem om te verwyder.

Die geboue se instandhouding word deur ‘n nasionale fonds behartig, terwyl die koningin – een van die rykste persone ter wêreld, ook ‘n bydrae maak. Sy het die afgelope aantal jare kollektante gebruik om geld vir die restourasie in te samel, maar dit het telkemale dadels opgelewer.

Bron: BuzzR

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mossie ·

Laat hy val! Hoeveel keer is daar in daardie paleis al besluite geneem wat tot hartseer vir miljoene gelei het.

Griet ·

Maak die plek oor vir toeriste en betaal die onderhou daaruit. Ek is seker Haar Koninklike Hoogheid kan ‘n ander nederig(er) woonplekkie vind…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.