ʼn Man is in ʼn ernstige toestand nadat hy Saterdag deur ʼn buffel op ʼn wildsplaas aangeval is.
André Visser, ʼn woordvoerder van ER24, sê die voorval het op ʼn plaas naby Clanwilliam, in die Wes-Kaap, plaasgevind. “Die 54-jarige man het erge beserings aan sy onderlyf opgedoen en moes per helikopter na die hospitaal geneem word vir verdere behandeling.”
Visser sê dit is nie seker wat die oorsaak van die aanval was nie.