Buitelandse vlugte uit Kaapstad word begelei

Alle internasionale vlugte uit Kaapstad Internasionale Lughawe wat ná sonsondergang opstyg, sal voortaan begelei word.

“Internasionale vlugte sal deur ʼn sekuriteitspatrollievoertuig begelei word. Die voertuig sal agter die vliegtuig aanry en seker maak dat hulle die onderkant van die vliegtuig te alle tye kan sien,” het Deidré Davids, woordvoerder vir die lughawe aan die Cape Times gesê. Sy het ook bevestig dat sekuriteitsteenwoordigheid al langs die lughawe se grensdraad opgeskerp is.

ʼn Man wat verlede week oor die hek gespring het, se liggaam is in die onderstel van ʼn British Airways-vliegtuig opgespoor toe die vliegtuig in Londen geland het. Die man is glo steeds nie identifiseer nie. Klik hier vir meer inligting oor dié berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Daar was ‘n soortgelyke voorvalle met ‘n SAA-vlug in 2005.

Ek onthou ‘n storie van destyds uit die Readers’ Digest van iemand wat wel so ‘n lang vlug in ‘n vliegtuig se wielspasie oorleef het. Ek verbeel my dit was uit Kuba na Europa. Eers is hy byna vergruis deur die wiel, en toe byna verskroei deur die hitte van die wiel (wat wel later gehelp het teen die koue daar bo in die lug) en byna versmoor met die min suurstof daar bo. Ek dink dit was die storie van Armando Socarras.

Ander mense oorleef sulke vlugte ook nou en dan, gewoonlik is dit egter korter vlugte, of vlugte waar daar laer as gewoonlik gevlieg word om een of ander rede, waar daar meer suurstof is en die temperatuur nie so laag is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.