Buitensporige duur rok en R12 000 vir stukkie troukoek

Die ikoniese blou-en-wit-blokkiesrokkie wat Judy Garland in die klassieke rolprent, The Wizard of Oz, gedra het, is Saterdag by ʼn veiling verkoop.

Die rokkie het ʼn merkwaarde $480 000 (ongeveer R4,1 miljoen) by ʼn veiling in Beverly Hills, Amerika, behaal. Die koper van die rok, wat deur MGM-kostuumontwerper Adrian gemaak is, bly egter anoniem en dit is onbekend waar die rok gehou gaan word.

Volgens Julien’s Auctions het die oorrok en wit pofmoubloes die verwagte prys behaal. ʼn Soortgelyke rok wat tydens toetsperiodes vir The Wizard of Oz (1939) gebruik is, het in 2011 $910 000 (ongeveer R7,9 miljoen) behaal. Volgens Darren Julien, afslaer by Julien’s Auctions, is die verskil aan prys weens die feit dat daar slegs ʼn paar toetsrokke vir die rolprent gemaak is. Die rok wat Garland aangehad het was een van sewe.

ʼn Stukkie troukoek van prins William en Kate Middleton se onthaal is vir $1 375 (bykans R12 000) verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.