ʼn Bul wat geslag moes word, het weggebreek en ʼn 10-jarige seun in Kaapstad deurboor, het die Cape Argus Dinsdag berig.
Ayanda Mfenku is Sondagoggend by sy huis in Philippi-Oos aangeval. Die bul sou glo geslag word tydens ʼn begrafnisdiens vir Jackson Ntandiso, wat verlede week oorlede is, maar het weggebreek.
“Die bul het gestorm en ʼn ou man, wat hom weer in die erf wou terugdruk, gestamp en beseer,” het Ntandiso se dogter, Yandiso, gesê. “Die bul het toe in die straat af gehardloop en almal omgestamp wat naby probeer kom het.”
Volgens Yandiso het mense uit die pad beweeg en vir kinders en dronk mense geskree om uit sy pad uit te kom.
Volgens die Cape Argus het die bul Mfenku se erf betree, hom van agter deurboor en teen ʼn muur vasgegooi. Hy het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Die bul is glo oornag dood weens skok en stres.
Philippi Oos is die tweede Pamplona lyk vir my. Wanneer sterf party tradisies uit? Vernaam die mishandeling van mens en dier.
Arme dier.
AS EK DIE BUL WAS SOU EK OK GEHARDLOOP HET. DIS BARBAARS OM I DIER SO IN JO ERF TE WIL SLAG. DIS WAARVOOR SLAGPALE DA IS.