Bulkalf vir skaars Sumatraanse renoster

Foto: Ratu

Slegs die vierde Sumatraanse renostertjie, ‘n bulkalfie, die afgelope eeu is in gevangenskap gebore.

Die vorige drie van hierdie renosters wat in gevangenskap gebore is, is in ‘n dieretuin in Ohio gebore. Een hiervan was die nuweling se pa, Andalas, wat in 2007 na Indonesië gebring is as maat vir Ratu, wat self uit die woud gestap om by die renosters in die Way Kambaspark aan te sluit.

Na raming het die Sumatraanse renosters se getalle die afgelope 20 jaar met die helfte afgeneem, en is daar nou minder as 200 in die wêreld oor. Stropery en die krimp van hul tropiese habitat is die oorsake vir hul afname.

Hoofbron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.