Bulle sê oor Meyer

Die Blou Bulle Maatskappy het Woensdag bevestig dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) vir Heyneke Meyer die pos van Springbokafrigter aangebied het.

“By ʼn vergadering van Saru op Dinsdag 24 Januarie met die Blou Bulle Maatskappy se raad van direkteure het Saru die raad ingelig oor sy bedoeling om die pos van Springbokafrigter aan Heyneke Meyer aan te bied,” het die Blou Bulle gesê. Die BBM het dit duidelik gemaak dat hy sal verkies om nie vir Meyer te verloor nie aangesien talle “hulpbronne en verbintenisse” gemaak is vir hom om sy mandaat na te kom. “Indien Meyer besluit om die pos te aanvaar, sal hy die Blou Bulle Maatskappy se raad van sy besluit moet inlig om afstand te doen van sy verantwoordelikhede en verbintenisse aan die Blou Bulle.” Saru sal na verwagting Vrydag amptelik die naam van die nuwe Springbokafrigter bekendmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.