Bullebak Telkom beboet

Telkom SA is Dinsdag deur die Mededingingstribunaal met R449 miljoen beboet.

“Telkom het soos ʼn bullebak teenoor sy mededingers opgetree,” het die Tribunaal bevind. Volgens die uitspraak het Telkom ook ʼn grys area in die regulasies tot sy eie voordeel uitgebuit. Telkom het sy oorheersing in die telekommunikasiebedryf tussen 1999 en 2004 misbruik.

“Ons bevind dat Telkom geweier het om noodsaaklike fasiliteite aan onafhanklike netwerkdiensverskaffers (Vans) te verskaf en veroorsaak dat hul klante nie met hul wou handeldryf nie,” het Yasneem Carrim namens die Tribunaal in die skriftelike uitspraak gesê.

“Telkom se optrede het skade berokken aan sy mededingers en verbruikers en gevolglik kompetisie en innovasie gestrem,” het die Tribunaal bevind.

50% van die boete moet binne ses maande betaal word, en die balans binne 18 maande.

Die Mededingingskommissie het aanvanklik ʼn boete van R3,2 miljard versoek. Dié bedrag is 10% van Telkom se jaarlikse omset vir die jaar 2004. Die Tribunaal sê die boete van R449 miljoen verteenwoordig minder as 2% van Telkom se omset in 2004.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nicoline Crafford ·

Ek wonder net hoeveel Telkom mense gaan nou afgelê word sodat hulle hulle skuld kan betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.