Bulls dra pienk vir wegwedstryde

Die Bulls gaan hierdie Superrugby-seisoen in pienk truie vir hul wegwedstryde uitdraf.

SuperSport berig dat die truie, ʼn kombinasie van pienk en pers, geïnspireer is deur die Jakarandabome van Pretoria. Dié truie sal vier keer gedurende vanjaar se Superrugby-seisoen gebruik word en is dieselfde ontwerp as die nuwe blou truie wat in Desember verlede jaar bekendgestel is. Die pienk truie, wat deur Puma ontwerp is, gaan moontlik ʼn herrie ontketen onder ondersteuners aangesien ʼn verandering in kleur nie tradisioneel gewild is onder Bulls-ondersteuners nie. Die Bulls se kaptein, Pierre Spies, sê: “Puma het sekerlik die pas verander sedert hulle aankoms by die Bulls en die span vooel dat ons wegtruie, ʼn absolute kontras van ons tradisionele truie, is ʼn wonderlike manier om die nuwe vennootskap te vier.” Die nuwe truie het glo ten doel om die opposisie se aandag af te trek. Die replika van die truie sal vanaf 24 Februarie vir R599 verkoop word.

Lees meer hier.

So lyk die Bulls se nuwe truie wat in Desember bekendgestel is.

So lyk die truie waarin die Bulls wegwedstryde sal speel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.