Burgemeester as “Gupta” toegesnou

Afzul Rehman, die burgemeester van Newcastle.

Afzul Rehman, die burgemeester van Newcastle, gaan ʼn klagte by die menseregtekommissie indien nadat verkeersbeamptes hom in die dorp as ʼn “Gupta” toegesnou het.

Rehman het Vrydag sy rybewys hernu, toe ʼn verkeersbeampte hom in die gange voorgekeer het, het The Citizen Woensdag berig.

Die beampte het hom gevra: “Hey Gupta, wat maak jy hier?” en het later “grappe oor Indiërs gemaak”, het Rehman gesê.

Rehman het die beampte gevra of hy weet wie hy is, waarop die beampte glo geantwoord het: “Ja ek ken jou, jy is ʼn Gupta.”

Rehman het aan die beampte gesê dat hy aanstoot neem, waarna die beampte glo gesê het: “Jy kan terugkeer na Indië en daar aanstoot neem, hier in Suid-Afrika behoort die land aan ons.”

Die burgemeester het die voorval by die beampte se hoof aangemeld, waarna die beampte aangebied het om persoonlik om verskoning te vra. Die burgemeester het die aanbod van die hand gewys en ʼn klagte van naamskending aanhangig gemaak.

Die burgemeester het gesê hy gaan die voorval ook by die gelykheidshof en menseregtekommissie aanmeld en oorweeg verder om ‘n skadevergoedingeis by die hooggeregshof in te dien.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

lekker ek hoop hy dring aan dat die sogenaamde beampte self mut opdok en sommer sy werk ok verloor. hulle misbruik hulle sogenaamde mag. dink hulle kan se en dun net wat hulle wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.