Burgemeester geskok oor bylmoorde

Argieffoto

Mondli Gungubele, burgemeester van Ekurhuleni in Gauteng, het Maandag sy skok uitgespreek oor ‘n berig dat ‘n 14-jarige seun van Etwatwa vier van sy familielede met ‘n byl doodgekap het.

“Dit is die gewelddadigste voorval oor die afgelope tyd,” het Gungubele gesê.

Maroela Media het vroeër berig die seun het Vrydag sy 42-jarige ma, sy 58-jarige ouma, sewejarige broer en drie maande oue babasussie met ‘n byl doodgekap. Twee van sy sussies het by die bure om hulp gaan aanklop. Hy is kort daarna aangekeer. Klik hier om meer te lees.

Gunguble het ‘n span van gemeenskapsleiers, gelei deur plaaslike raadslede, saamgestel om met die begrafnisreëlings te help. Maatskaplike werkers sal die familie van traumaberading voorsien.

Die saak is Maandag in die Benoni-landdroshof tot Woensdag uitgestel. Die tiener was nie in die hof nie. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê hy ondergaan nog ‘n sielkundige ondersoek in die hospitaal.

Die motief vir die aanval is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.