Fezile Calana, hoof van die ANC se tugkomitee in die Wes-Kaap, sê die komitee het White (42) Donderdag skuldig bevind aan seksuele teistering, intimidasie, viktimisasie, seksuele aanvoorwerk (grooming) en die aanvaarding van omkoopgeld. Die Sowetan het Vrydag berig dat White sy onderburgemeester, Lorna Scheepers, seksueel geteister het. Volgens die berig het White verskeie SMS-boodskappe van ʼn seksuele aard aan Scheepers gestuur asook foto’s van sy ereksie. White het ook glo SMS-booskappe van ʼn seksuele aard aan twee meisies, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, gestuur. Hy is ook daaraan skuldig bevind dat hy omkoopgeld van R60 000 van ʼn kontrakteur aanvaar het. White het 21 dae om appèl teen die uitspraak aan te teken. Die komitee het ook aanbeveel dat White se naam, as munisipale raadslid, van die ANC se verteenwoordigingslys verwyder word. White sal oor vyf jaar aansoek kan doen om weer ʼn lid te word van die ANC.
Burgemeester geskors oor foto’s van geslagsdeel
Jonas White, burgemeester van die Cederberg-munisipaliteit, is uit die ANC geskors nadat hy onder meer skuldig bevind is aan seksuele teistering.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.