Burgemeester wil Heathrow-lughawe sluit

Die burgemeester in Londen het aangekondig dat Heathrow-lughawe, wat jaarliks sowat 70 miljoen passasiers hanteer, gesluit moet word vir opgradering.

Die lughawe raak glo te klein en moet uitgebrei word. Die aanloop- en landingsbane moet verdubbel word.

Heathrow, die besigste lughawe in Europa, is al ‘n paar jaar lank op die grens van sy kapasiteit.

Plek vir uitbreidings op die bestaande perseel is egter knap, en die burgemeester van Londen, Boris Johnson, het by die werkgroep wat oor die toekoms van die lughawe moet besin, drie moontlike opsies voorgestel. Al drie opsies behels dat die bestaan Heathrow gesluit sal moet word. Indien een van Johnson se aanbevelings aanvaar word, is dit waarskynlik dat die nuwe lughawe verder van die stad se buitewyke gebou word.

Londen het verskeie internasionale lughawens waarvan Gatwick naas Heathrow die bekendste is. Van die lughawens spesialiseer op vrag of kleiner vliegtuie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas ·

Het hulle ook regstellende aksie in die UK ?? Lyk my die knaap het een van daai poste ‘gewen’ – leer terwyl jy opneuk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.